Konsentrasiekampe

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Konsentrasiekampe
110 years ago, the British invaded the independent Boer Republics of the Transvaal and the Orange Free-State
The British incarcerated hundreds of thousands of Boer women, children and old folk – and their servants -- in the world’s very first concentration camps, and tens of thousands of these sturdy, self-sufficient country folk died of malnutrition and deliberate neglect within just a two-month period…
 
'n Jong ma en haar uitgeteerde kind
Foto: www.mieliestronk.com

 

Konsentrasiekamp verhongering
Foto: www.mieliestronk.com

 

Konsentrasiekanp van Norvalspont
Foto: www.mieliestronk.com

 

Research: British Concentration Camps
of the South African War
1900-1902

http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/

 

 

WAT EN WAAR WAS DIE KONSENTRASIEKAMPE? 

Die Britte kon eindelik net die Boere tot oorgawe dwing deur Ďn taktiek van totale aanslag (teen vroue, kinders en bejaardes) te volg.  Plase en huise is afgebrand om te verhoed dat Boere op kommando van voedsel en ander voorrade voorsien kan word.  Hierdeur is duisende vroue en kinders haweloos gelaat en in Britse konsentrasiekampe Ďgehuisvesí.  Die kampe het 'n reusagtige litteken in die gemoed van ons mense gelaat, naamlik as 'n simbool van opsetlike volksmoord. Die eerste kamp is in Julie 1900 naby Mafikeng opgerig.  Teen hierdie tyd was daar reeds 38 000 Swartes in soortgelyke kampe gehuisves.  Kitchener se meer intensiewe dryfjagte het die aantal haweloses laat toeneem en teen September 1901 was daar 110 000 blanke vrouens en kinders in 34 konsentrasiekampe. 

SCORCHED EARTH – The Britsh destroyed all the Boer Homesteads– causing massive starvation    
   
     

 

Kampe, wat hoofsaaklik tente in die oop veld was, was dikwels baie swak geleŽ.  OnhigiŽniese toestande, swak en onvoldoende voedsel  asook te min mediese personeel het rampspoedige gevolge gehad.  Tussen Augustus en Oktober 1901 is 8 623 sterftes in die kampe aangeteken.  As gevolg van die optrede van Emily Hobhouse en die daaropvolgende ondersoek na die toestande, het omstandighede teen Desember 1901 verbeter en die sterftesyfer het afgeneem.  In totaal het 26 251 blanke vroue en kinders, 22 000 van hulle onder 12 jaar, gesterf. 

 

In die Anglo-Boereoorlog, wat iets meer as honderd jaar gelede ten einde geloop het, het die lot van onskuldige kinders vir een van die somberste hoofstukke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gesorg.

Dit was veral in die konsentrasiekampe, waar duisende kinders die hoogste tol moes betaal. En nie net Boerekinders nie, maar ook swartes, soos dit veral in die afgelope jare duideliker geword het.

Volgens baie geskiedkundiges was die berugte konsentrasiekampe destyds die Britte se manier om ’n einde aan die voortslepende oorlog teen die Boere-guerrillas te probeer maak, al sou hulle ook ander redes aanvoer waarom dit nodig sou wees om die kampe op te rig.

Die plan sou wees om die Boere se moreel te breek deur hul vroue en kinders, bejaardes en ander afhanklikes soos plaaswerkers na kampe in die veld weg te voer—waar hulle in die haglikste omstandighede gewoon het. Plase en oeste word verbrand. Nagenoeg 30,000 wonings is vernietig

Die getal swart kinders wat in die oorlog omgekom het, moet nog amptelik bereken word. Volgens die statistieke was daar 43.000 swartes in die konsentrasiekampe, van wie minstens 14.154 dood is. As die verhouding dieselfde as in die kampe vir blankes was, moet sowat 11 000 swart kinders daar gesterf het.

Van die 118 000 Boeremense wat in die konsentrasiekampe was, is byna 28.000 oorlede. Trouens, ’n hele geslag potensiële Afrikaners is uitgewis, altesaam 22.074 Boerekinders en 4 182 Boerevroue, terwyl nog sowat anderhalf duisend mans (meestal bejaardes) in die kampe omgekom het.

Daar is al bereken dat daar vandag nagenoeg 600.000 meer Afrikaners kon gewees het as dit nie vir die sterftes in die konsentrasiekampe was nie.

Die kampbewoners, veral die kindertjies, het binne maande tot lewende geraamtes weggeteer. Die swak sanitêre geriewe in die nagenoeg vyftig kampe het tot die uitbreek van epidemies gelei, waarvan ’n masels-epidemie die dodelikste was.

Die swartmense, wat deur die Britte in aparte kampe aangehou is, het dit selfs nog slegter gehad. Daar is van hulle verwag om hul eie akkomodasie op te rig en met selfs kleiner rantsoene as die geïnterneerde wit vroue en kinders tevrede te wees.

MAAR dit was nie net in die konsentrasiekampe waar destyds van kinders verwag is om aktief by die oorlog betrokke te wees nie.

Daar was ook die sogenaamde penkoppe. Kragtens die kommandowette van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en die Oranje-Vrijstaat was manlike burgers dienspligtig vandat hulle sestien jaar oud geword het.

Dog reeds in die eerste maande van die oorlog was daar penkoppe jonger as sestien jaar in die kommando’s. Tog was dit veral in die laaste fase van die oorlog, die guerrilla-fase, toe die Boere meestal in hul eie distrikte geveg het, dat bloedjong seuns hulle te velde by hul vegtende pa’s en ouer broers aangesluit het.

Die woord penkop vir hierdie melktand-tieners op kommando is heel waarskynlik ontleen aan dieselfde naam vir ’n bulkalf wat pas horings gekry het.

Teks van www.mieliestronk.com besoek op 27 November 2010

BLANKE KONSENTRASIEKAMPKERKHOWE VANDAG 

ALIWAL-NOORD : Naby HoŽrskool in Somersetstraat
BALMORAL : Op plaas Eensaamheid langs Witbank snelweg
BARBERTON : Munisipale begraafplaas, Gospelstraat
BELFAST : Scheeperstraat, Belfast
BETHULIE : Nuwe terrein, op dorpsgronde, Bethulie 303
BLOEMFONTEIN : Pres. Brand begraafplaas, Presidentstraat
Memorium begraafplaas, Genl. Brandstraat
BRANDFORT : Op plaas Louvain 286
DURBAN : 1. Jacobs, h/v Dudley en Thornstrate, 2. Merebank, h/v Himalaya en Rawalpindistrate
HARRISMITH : Munisipale begraafplaas
HEIDELBERG : Nuwe Munisipale begraafplaas, Jacobsstraat
HEILBRON : Munisipale begraafplaas, Hallstraat
HOWICK : Terrein van Umgeni-Instituut
IRENE : Brudeweg 11, Irene
ISIPINGO : Naby die stasie
JOHANNESBURG : Turffontein, Mondeor dorpsgebied, Malutistraat
KABUSIE : By Stutterheim
KIMBERLEY : Tuin van Herinnering, Hertzogplein, Longstraat
KLERKSDORP : Ou Munisipale begraafplaas op Spoorwegterrein
KROONSTAD : In die nywerheidsgebied, Tenthstraat
KRUGERSDORP : Munisipale begraafplaas, Luipaardstraat
MAFIKENG : 4 km van die dorp op die Vryburgpad, Sterfteregister
MIDDELBURG : 1. Ou munisipale begraafplaas, Voortrekkerstraat; 2. Nuwe munisipale begraafplaas, Oranjestraat 3. Kareelaan, Kanonkop
NORVALSPONT : Ongeveer 5 km onder die damwal van die H.F.Verwoerddam (Gariepdam)
NYLSTROOM : Ou munisipale begraafplaas
ORANJERIVIER-STASIE : Op die plaas Doornbult, distrik Hopetown
PIETERSBURG : Agaatstraat, Nywerheidsgebied, Pietersburg
PIETERMARITZ-BURG : Commercialstraat begraafplaas
PORT ELIZABETH : Tuin van Herinnering, Noord Einde begraafplaas
POTCHEFSTROOM : 1.In Bailie Park, 2. OlŽn Park by die Rugby stadion
SPRINGFONTEIN : 1. Ongeveer 4 km buite die dorp, suid-oos van die stasie, 2. Kinderkonsentrasiekampkerkhof, langs dorp se lykshuis
STANDERTON : Ou munisipale begraafplaas, Bergstraat
UITENHAGE : Privaatgrond, ongeveer 7 km op pad na Graaff-Reinet
VEREENIGING : Ou munisipale begraafplaas, Beaconfieldlaan
VREDEFORTWEG : Naby die Greenlands-spoorwegstasie
VOLKSRUST : H/v Joubert en Laingsnekstrate, by Burgersentrum
VRYBURG : Nuwe woonbuurt, noord van die dorp
WINBURG : 1. In die ou kerkhof in die dorp, Jack Coetzerstraat, 2.Vaalkop, 2 km wes van die dorp

Lys van Konsentrasiekampe: (46)
Kaap: (8)
Aliwal Noord
Kimberley
Port Elizabeth
Oos Londen
Oranjerivier Stasie (Doornbult, Hopetown)
Kabusi (naby Stutterheim)
Norvalspont
Uitenhage

Natal: (10)
Howick
Pietermaritzburg
Merebank
Jacobs
Isipingo
Ladysmith
Colenso
Wentworth
Eshowe
Mooirivier

Transvaal: (18)
BARBERTON
BALMORAL
BELFAST
HEIDELBERG
IRENE
KLERKSDORP
KRUGERSDORP
MIDDELBURG
MAFEKING
NYLSTROOM
PIETERSBURG
POTCHEFSTROOM
STANDERTON
VEREENIGING
VOLKSRUST
VRYBURG
TURFFONTEIN (JOHANNESBURG)
TYDELIKE KAMPE: MEINTJIESKOP

Vrystaat: (10)
Bloemfontein
Brandfort
Bethulie
Heilbron
Harrismith
Kroonstad
Springfontein
Vredefort
Winburg
Tydelike Kamp: Ladybrand

Ek het hierde referaat op die internet raakgeloop en verleen graag erkenning aan die skrywer onbekend: Boere Volksmoord

bo-aan bladsy
Hoofblad