Runderpes

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

Runderpes (RP) is 'n siekte wat deur 'n virus veroorsaak word en vee en sommige spesies wilde diere aantas. Dit word algemeen as 'n plaag onder vee beskou. Besmette diere het koors, mondsere, diarree, en 'n hoë sterftesyfer. Die naam is afgelei van die Duitse woord Rinderpest wat veeplaag beteken.

'n Epidemie in die 1890's het 80 tot 90 persent van vee in sub-Sahara Afrika uitgewis. Meer onlangs het 'n runderpesuitbreking in Afrika in 1982-84 ongeveer VS$500 miljoen veeverliese veroorsaak.

Dr. Walter Plowright het in 1999 'n inenting teen runderpes ontwikkel. Daar word voorspel dat die inenting hierdie veeplaag totaal sal uitwis teen 2010.

 

http://af.wikipedia.org/wiki/Rinderpes

Text is available under the Creative Commons Attribution/Share-Alike License; additional terms may apply. See Terms of Use for details

bo-aan bladsy
Hoofblad / Web meester