Genl CF Beyers

www.boerafrikana.com: Tuisblad >

CHRISTIAAN FREDERICK BEYERS (1869-1914)

Beyers is in Stellenboch gebore en geskool en trek later na Transvaal (ZAR) waar hy hom bekwaam as ‘n prokureur met ‘n praktyk in Boksburg. Hy ontvang Burgerstatus en verteenwoordig Transvaal in rugby. Hy het as ‘n toegewyde en volhardende patriot ‘n kortaf dinamiese en soms ontwykende persoonlikheid gehad.

Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek veg hy as ‘n gewone burger in al die groot Natalse veldslae. Hy word tot Veldkornet verkies en sy vermoë tydens gevegte soos Diamond Hill (Donkerhoek) en Dalmanutha het Louis Botha so beïndruk dat hy Beyers aanstel as Generaal vir die Waterberg- en Zoutpansberg-distrikte.

Sy grootste sukses is by Nooitgedacht (13-2-1900) toe hy en Generaal De la Rey ‘n gesamentlike aanval op Generaal Clements se kolonne geloods het. Daarna gaanhy voort met guerilla-veldtogte in Noord-Transvaal tot die Vredesberaad van Vereeniging waar hy optree as die Voorsitter van boerevergaderings.

Na die oorlog praktiseer Beyers as prokureur in Pretoria en raak hy al hoe meer betrokke by politieke en opvoedkundige sake. Hy was stigterslid van 'Het Volk' en Speaker van die Transvaalse Parlement. Na die totstandkoming van die Unie se verdedigingsmag te word, besoek Europa twee maal en is betrokke by die stigting van die Aktiewe Burgermag.

As gevolg van sy teenkanting van die Unie-Regeringsbeleid tov Duits-Suidwes-Afrika bedank Beyers in 1914, en was hy teenwoordig toe De la Rey geskiet is. Alhoewel hy self teen aktiewe rebellie gekant was, word hy en sy troepe met geweld uitmekaar gejaag deur Regeringstroepe en verdring Beyers in ‘n poging om oor die Vaalrivier te ontsnap.

bo-aan bladsy
Hoofblad