Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg (1862-1926)
Kunstenaar : Trienke Louries Nicholaas Pieter Johannes van Rensburg is gebore op Palmietfontein naby die distrik Potchefstroom op 30 Augustus 1862. Hier word hy groot met sy sisters en broers. Omdat hy kleiner was as die res van die kinders het hy homself tuisgemaak aan die voete van sy moeder en belangstellend geluister na die stories uit die Bybel wanneer sy dit voorgelees het.
Sy het hoe verwagtinge gehad vir hom. Sy stuur hom vir skool op Rooipoort plaasskool waar hy slegs vir 20 dae skool gegaan het.
As wagter het hy sy Bybel saam geneem om in die veld te lees. Hy was veral lief om die gedeeltes te lees van die Profete.
Van jongs af het hy al die gawe beskik om voorspellings te doen, en sy moeder was verbaas.

Op die ouderdom van sestien neem hy deel aan die straf ekspediese teen die Bantu Kaptein, Mapog. Daar kry hy malaria en oorleef net-net.

Met sy oorweldige kennis van die Bybel word hy aangestel op die ouderdom van 21 as 'n ouderling van die NG gemeente Wolmaranstad (1883). Kort daarna tree hy in die huwelik met Anna Sophia Kruger op 8 Januarie 1884.

Na die uitbreek van die tweede Anglo-Boereoorlog in 1899 doen hy en sy broer  diens onder Generaal du Toit.
Vroeg in die dae van die oorlog kry hy beelde van die konsetrasiekampe van die Britte en die ontsteld hom so dat hy terugkeer na sy plaas.
Met die oorlog was hy nie eenkeer gevang, geskiet of gewond nie.

Hierdie eenvoudige Boer het oor die gawe beskik om in die toekoms te sien. Hy kon van sy beelde korrek uitle maar hyself kon ook van sy ander beelde nie sin maak nie.

Asgevolg van hierdie God gegewe gawe het familie lede, vriende en vreemdelinge van ver gekom sodat hy hulle kon help met hulle probleme. Hy het hulle altyd met die grootste respek en neerderigheid ontvang en geeneen wat besoek afgele het het teleurgesteld van hom weg gegaan nie.

Nicholaas Pieter Johannes van Rensburg verlaat ons op 11 Maart 1926 op die ouderdom van 64.

Erkenning: http://www.geocities.com/seunatw/Suid-Afrikaners_in_Taiwan.html