Afrikaans

www.boerafrikana.com: Tuisblad > Afrikaans

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal gepubliseer - 1876

Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ‘n Afrikaanse spraakkuns onontbeerlik is. Nog voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners skryf Een Ware Afrikaander (ds. S.J. du Toit) op 30 Januarie 1875 aan Klaas Waarzegger jr. (C.P. Hoogenhout) oor die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal onder meer Die eerste vraag sal wees …wat is die Afrikaanse taal? Die eerste boekies is geskryf en gedruk ooreenkomstig ‘n bepaling in die statute van die GRA. Die naam van die vroegste werkie is Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal (1876), wat veral die hand van ds. S.J. du Toit verraai, maar waaraan ook eerw.. J.W. van der Rijst en C.P. Hoogenhout meegewerk het. Dit was maar dun en het slegs 29 bladsye leesstof bevat. Ses jaar later is dit herdruk en in 1897 deur ds. Du Toit enigsins omgewerk, toe 6 000 eksemplare van die Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels, soos dit nou heet, gedruk is. In 1902 was ‘n herdruk al nodig. Die GRA is op hulle vergaderings gereeld op die hoogte gehou van die vordering wat gemaak is met die skryf en publikasie van Eerste Beginsels. Aka fak P.J.N

1859
E.J. du Toit gebore

Erns Johannes du Toit, oorlede op 12 Januarie 1924, was hoof van die drukkers firma D.F. du Toit en Co. en later lid van die Genootskap van Regte Afrikaners. Hy het verskeie van die eerste Afrikaanse boeke uitgegee en ook die laaste jaargange van die koerante Die Afrikaanse Patriot en die tydskrif Ons Klyntji.
Aka fak prof. dr. P.J. Nienaber

1876
Die Afrikaanse Patriot verskyn vir die eerste keer

Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is ‘n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui. In artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om ‘n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. C.P. Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur die redakteurs na hom oorgeneem is. In Die Patriot dek die GRA die terreine van hul doelstelling, naamlik die van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. ‘n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur, sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf. Die redaksie het lesers aangespoor om gedigte hou foutief ook al, in te stuur. Deur taal bespreking wou die GRA liefde, eerbied en belangstelling opwek vir die Afrikaanse taal. In eenvoudige spreektaal sou die lesers ingelig word oor die vernaamste nuus. So kon plattelandse Afrikaners bereik en opgevoed word vir wie die Hollandse en Engelse taal moeilik leesbaar was. Die Patriot het sterk teenkanting ontvang sowel van Hollandse as van Engelse kant. Medewerkers het onder skuilname geskryf en moes dikwels onder growwe spot deurloop. Die sterkste teenkanting het van die voorstanders van Hollands gekom, wat Nederlands as die volkstaal gesien het en Afrikaans as ‘n “patois”, ‘n Hotnotstaaltjie beskou het. Ten spyte van teenkanting het die redaksie soms met groot opoffering voorgegaan, en teen 1880 was Die Patriot die mees gelese blad in Suid-Afrika. Dit was veral te danke aan die politieke houding wat die blad aangeneem het, gebaseer op Christelike beginsels en die strewe om die Afrikaanse volksaak te bevorder. In 1904 is die blad gestaak na kwynende belangstelling, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van S.J. du Toit, wat sy steun aan Rhodes toegesê het. Die redaksie van Die Patriot het insig in die behoeftes van die volk gehad en was daarop ingestel om by die eenvoudige Afrikaners die behoefte aan geestesvoedsel op te wek en dan daarin te voorsien. Die blad het leiding gegee in landsake en die Afrikaner laat belang stel in die politiek. Die Patriot het baie bygedra tot die ontwaking van ‘n Afrikanernasionalisme deur die Afrikaner bewus te maak van die skoonheid van sy taal, sy eie grootse geskiedenis en sy unieke geestesbesit. Dit het die Afrikaner leer lees en skryf en hom laat besef dat sy spreektaal nie vir Hollands as skryftaal hoef terug te staan nie. As die eerste Afrikaanse koerant, het Die Patriot ‘n onberekenbare bydrae gelewer tot die opheffing van Afrikaans tot skryf- en volkstaal. Aka fak prof. dr. P.G. Nel

1865
Jan F.E. Celliers gebore

Johannes Francois Elias Celliers was ‘n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy lê sy Landmeters eksamen in Nederland af, maar word later ‘n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria. Met die uitbreek van die Engelse Oorlog, sluit hy hom by die kommando’s aan, en in 1902 vertrek hy na Europa, waar hy sy beroemde gedig: Die Vlakte skryf. In 1907 keer hy na Suid-Afrika terug en werk by die Departement van Binnelandse Sake in Transvaal. In 1919 word hy ‘n buitengewone professoraat aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Baie van sy verse weerspieël sy huislikheid en liefde vir kinders. Behalwe sy digterlike arbeid, werk hy ook mee tot die stigting van Die Brandwag. Hy was ‘n volksdigter, “een wat in woorde vaslê wat in die hart van die nasie omgaan” (Preller). Sy prosawerk is van weinig literêre waarde, maar as digter beklee hy ‘n besondere plek in die Afrikaanse letterkunde. Hy vestig hom na sy aftrede aanvanklik in Kaapstad maar later op Harrismith, waar hyop 1 Junie 1940 oorlede is. aka fak prof. dr. P.G. Nel

22 April 1923
D.F. (Oom Lokomotief) du Toit oorlede

Daniel Francois du Toit, D.P. seun, in later jare alombekend as Oom Lokomotief, is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos, Daljosafat, gebore en is in Bloemfontein oorlede. Hy was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners (1875 Paarl) . In 1878 word hy redakteur van die Afrikaanse Patriot, en hy oefen op die wyse geweldig baie invloed uit op die Taalbeweging. Van Die Patriot het hy ‘n gevestigde koerant met invloed gemaak. Hy het so eie met die lesers gesels dat hulle vertroue in sy koerant gehad het. Alle moontlike vrae word daarin beantwoord; daar word raad gegee, moed ingepraat en koers aangedui. Daar ontstaan ‘n onverbreekbare band tussen leser en redakteur. Met die veranderde politieke houding van sy ouer broer, ds. S.J. du Toit, leier van die GRA, kon hy nie saamgaan nie, en hy verlaat saam met C.P. Hoogenhout in 1891 Die Patriot. In 1892 verhuis hy na die Vrystaat, waar hy later in Bloemfontein argivaris was. Aka fak P.J.N– Erkenning aan 365Spore.blogspot.com

1874
W. Postma gebore

Willem (dr. O’kulis) Postma was ‘n Gereformeerde predikant, baanbreker skrywer en streng Calvinis. In Bloemfontein beywer hy hom vir die erkenning van Afrikaans as taal en voorspel dat Afrikaans een van die amptelike tale van Suid-Afrika sal word. Hy het as CNO-man die Engelse Onderwysstelsel in die OVS heftig teëgestaan. Gevolglik stig hy die eerste CNO-skool in 1905 in die voorportaal van die Gereformeerde Kerk, Bloemfontein. In 1916 word hy voorsitter van die provinsiale onderwyskommissie in die OVS. Op die eerste vergadering van die Bybelvertalings kommissie (22November 1916) verteenwoordig hy die Gereformeerde Kerk en in dieselfde jaar verskyn uit sy pen ‘n vertaling in Afrikaans van die Nuwe Testamentiese boek Titus. In 1914 word hy die regterhand van genl. J.B.M. Hertzog tydens die stigting van die Nasionale Party. In 1909 verskyn sy werk, Die esels kakebeen. Hy is op 13 Desember 1920 op Reddersburg oorlede. Aka fak D.E

 

3rd column
bo-aan bladsy
Hoofblad